Description
“Ek het geweet jy gaan bang wees.”
“Ek’s nie bang nie.”
“Ja, jy is.”
“Nee, ek’s nie! Oukei: gaaf, gee dit hier,” sê Whitney en neem die pil by haar vriendin. Sy wil nie hê haar vriendin moet dink sy is bang nie, maar aan die ander kant is sy senuweeagtig. Sy weet dat Ecstacy ’n dwelm is en sy is gesê dat dwelms sleg is vir ’n mens. Maar noudat sy hierdie oomblik ervaar en vir haarself moet besluit, huiwer sy. Moet sy miskien nie maar net een keer probeer nie? Een tablet kan tog nie soveel skade aanrig nie.
Whitney staar die uitdagings van die hoërskool in die gesig and vind dat sy van die moeilikste besluite in haar lewe moet neem. Vriendskap, groepsdruk, selfrespek en gewildheid – al hierdie onderwerpe kom ter sprake wanneer haar vriendin, Lindiwe, betrokke raak by ’n kêrel wat haar blootstel aan rook, dwelms, partytjies en bendes. Whitney moet ’n kritieke besluit neem. Moet sy haar vriendin volg en die partytjie- en dwelmtoneel betree, of nee sê en die risiko loop om haar vriendin en gewildheid te verloor?
Die keuses wat sy doen dompel haar in ’n epiese avontuur en het ’n lewe-of-dood jaagtog tot gevolg wat tieners die bladsye sal laat omblaai om uit te vind wat volgende gaan gebeur. Sluit aan by Whitney soos sy van aangesig tot aangesig met die nare donker kant van haar woonbuurt kom – ’n wêreld van bendes, dwelmmisbruik, ontvoering, korrupsie en moord. Die enigste vraag is – sal sy ontsnap?
Gepubliseer deur Voices in Africa is Whitney se Ontsnapping die tweede jeugverhaal in die Whitney-reeks en volg op die topverkoper eerste verhaal, ’n Soen vir Whitney, deur dieselfde outeur. Dis ’n spannende jeugverhaal wat sterk sal spreek tot diegene wat die grootste risiko loop om vasgevang te word in die verskriklike valstrik van dwelmverslawing – ons tieners. Opvoeders kan Whitney se Ontsnapping gebruik om gesprekke aan te moedig oor die gevolge van dwelms as deel van hul pogings om dwelmmisbruik onder jong mense te voorkom, en om diegene te help ontsnap wat reeds daarin vasgevang is.
Reviews
There are no reviews yet.