• Skip to main content
  • Skip to footer

Voices in Africa Publishers

South African Online Bookstore

  • Home
  • The Whitney Series
    • About
    • Books
      • Whitney’s Kiss
      • Whitney’s Escape
      • Whitney’s Fortune
      • ‘n Soen vir Whitney
      • Whitney se Ontsnapping
      • Whitney se Fortuin
      • Uphuziwe uWhitney
      • Ukuqabula Kuka UWhitney
    • Learner Feedback
    • Price List
  • Resellers
    • Resellers South Africa
    • Resellers Namibia
    • Resellers Rest of the World
    • Reseller Invitation
  • Submissions
  • My Account
    • Logout
    • View Cart
  • Media
    • About Whitney’s Kiss
  • Contact Us

Whitney se Ontsnapping Leesboek

R229.95

Wil jy ‘n voorbeeld hoofstuk lees? Klik hier

SKU: WSO001 Category: Whitney se Ontsnapping
  • Description
  • Additional information
  • Reviews (0)

Description

“Ek het geweet jy gaan bang wees.”
“Ek’s nie bang nie.”
“Ja, jy is.”

“Nee, ek’s nie!  Oukei: gaaf, gee dit hier,” sê Whitney en neem die pil by haar vriendin. Sy wil nie hê haar vriendin moet dink sy is bang nie, maar aan die ander kant is sy senuweeagtig.  Sy weet dat Ecstacy ’n dwelm is en sy is gesê dat dwelms sleg is vir ’n mens. Maar noudat sy hierdie oomblik ervaar en vir haarself moet besluit, huiwer sy. Moet sy miskien nie maar net een keer probeer nie? Een tablet kan tog nie soveel skade aanrig nie.

Whitney staar die uitdagings van die hoërskool in die gesig and vind dat sy van die moeilikste besluite in haar lewe moet neem. Vriendskap, groepsdruk, selfrespek en gewildheid – al hierdie onderwerpe kom ter sprake wanneer haar vriendin, Lindiwe, betrokke raak by ’n kêrel wat haar blootstel aan rook, dwelms, partytjies en bendes. Whitney moet ’n kritieke besluit neem.  Moet sy haar vriendin volg en die partytjie- en dwelmtoneel  betree, of nee sê en die risiko loop om haar vriendin en gewildheid te verloor?

Die keuses wat sy doen dompel haar in ’n epiese avontuur en  het ’n  lewe-of-dood jaagtog tot gevolg  wat tieners die bladsye sal laat omblaai om uit te vind wat volgende gaan gebeur. Sluit aan by Whitney soos sy van aangesig tot aangesig met die nare donker kant  van haar woonbuurt kom – ’n wêreld van bendes, dwelmmisbruik, ontvoering, korrupsie en moord. Die enigste vraag is – sal sy ontsnap?

Gepubliseer deur Voices in Africa is Whitney se Ontsnapping  die tweede jeugverhaal in die Whitney-reeks en volg op die topverkoper eerste verhaal, ’n Soen vir Whitney, deur dieselfde outeur. Dis ’n spannende jeugverhaal wat sterk sal spreek tot diegene wat die grootste risiko loop om vasgevang te word in die verskriklike valstrik van dwelmverslawing – ons tieners. Opvoeders kan Whitney se Ontsnapping gebruik om gesprekke aan te moedig oor die gevolge van dwelms as deel van hul pogings om dwelmmisbruik onder jong mense te voorkom, en om diegene te help ontsnap wat reeds daarin vasgevang is.

Additional information

ISBN

9781920571269

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Whitney se Ontsnapping Leesboek” Cancel reply

You must be logged in to post a review.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Footer

 

© 2026 · Voices in Africa